Johannes 15:1: “Ek is die ware wingerdstok en my
Vader is die boer…” In verse 2-16 vertel Jesus dan
wat Hy daarmee bedoel.Lees verse 1-16 in die Bybel...
Dit is baie diepsinnige woorde van Jesus.

Christus beklemtoon dat Hy die ware wingerdstok is.
Hy beklemtoon ook dat die wingerdstok en die lote één is.
Dit vorm saam een plant. Met hierdie beeld verbind Jesus elke
gelowige aan Homself. Hy verbind ook die gelowiges aan mekaar.
Hulle is almal lote van die een wingerdstok. Daarom stel Jesus
dan die belangrike vereiste: “Julle moet in My bly en Ek in julle.”
– Joh 15:4. Die kernboodskap wat Jesus wil bring is:
Julle ín My, en Ek ín julle – Johannes 15:4.
Dit is so belangrik dat Jesus dit vyf keer sê.

Daarom vra dit grondige selfondersoek van elke gelowige oor die
lewe ín Christus. Dit is ‘n verborgenheid wat moeilik verduidelik
kan word. Dit is nie ‘n losse verhouding nie, ook nie ‘n af-en-toe
ondervinding nie. Dit is nie ‘n tydelike emosionele opwelling wat
nou en dan ervaar word nie. Dit is ‘n immer-blywende gegewendheid
wat dag na dag voortduur. Dit is inblywende léwe! Dit gebeur en hou
voortdurend aan gebeur. Dit is duidelik: ons bly in Christus, en Christus
se bly in ons, kan nie net van een kant af kom nie. Ons moet ondersoek
instel in hoe verre ons lewe bevorderlik is vir die “my in Christus” wees.

Die Vader is die boer. Wat beteken dit? Die Vader plant die wingerd.
Die Vader kyk na elke loot, of dit vrug dra. Die wat nie vrug dra nie sny
Hy af. Dit is voorgee gelowiges. Hulle is nie werklik in Christus nie, al lyk
dit so, op die oog af. Hulle is nie ware dissipels van die Here nie, maar
meelopers. Die Vader snoei egter ook aan die ware lote sodat dit meer
vrug dra! Christus sê vir sy dissipels dat hulle reg gesnoei is “deur die
woorde” wat Hy vir hulle gesê het – vers 3.
Jesus sê dat Hy gelowiges uitgekies het en aangestel het om uit te gaan
en vrug te dra! Dit is waarvoor jy ‘n gelowige is.
Nié net om eendag hemel toe te gaan nie...

Ernest.