In Openbaring, waar Christus oor sy wederkoms praat, sê Hy:
“Ek is die Wortel, die nakomeling van Dawid” – Openb 22:16.
Let ook op Openbaring 22:5, letterlik: “Ek is die Wortel en die
geslag van Dawid”. Christus was reeds daar vóór, maar ook ná
Dawid. Hy is sowel die Oorsprong as die Nakomeling van Dawid.
Dit wys op Christus se Godheid en mensheid. Volgens Christus
se Godheid is Dawid sy seun, maar volgens Christus se mensheid
is Hy Dawid se seun, gebore uit die geslag van Dawid.
Dit stem ooreen met Matteus 22:41-46. Dawid se Here,
het Dawid se seun geword, want God het mens geword –
Filippense 2:6-7 en Romeine 8:3. Christus se stamboom kan
aangedui word.
Hy is die veertiende geslag van Dawid af - Matteus 1:1-17.
Met reg noem Jesus Homself: Seun van die mens.
Christus is die beloofde Messias. Wanneer Jesus Homself die
Wortel en Nakomeling van Dawid noem, bevestig Hy daarmee:
Ek is waarlik die Messias wat sou kom. Hy gaan ook weer kom!
Ons moet bid dat dit gou gebeur – Openbaring 22:17, 20.
Bid ons daarvoor? Bid jy daarvoor?
Ons is burgers van die onvernietigbare koninkryk van die Here
met sy onoorwinlike Koning. Dit moet ons motiveer en bemoedig
wanneer dinge nie altyd verloop soos ons dit wil hê nie.
Christus sit in die regeer posisie aan die regterhand van God!
Lees Openbaring 11:15.
Paulus bemoedig ons ook hierin wanneer hy skryf:
“Onthou altyd dat Jesus Christus, ‘n nakomeling van Dawid,
uit die dood opgewek is. Dit is die evangelie... As ons in die geloof
volhard, sal ons saam met Hom regeer.” – 2 Timoteus 2:8, 12.
Ons gaan eendag soos konings gekroon word,
in die heerlikheid van Christus!
Ernest