“In Kapernaum kom pleit ‘n Romeinse offisier by Jesus:
“Here, my slaaf lê verlam by my huis.”
Jesus sê vir hom:”Ek sal hom kom gesond maak.”
Maar die offisier antwoord Hom:
“Here, ek is nie goed genoeg dat U onder my dak inkom nie.
Sê maar net die nodige word, en my slaaf sal gesond word.”
Dit lees ons in Matteus 8:5-8.
Hierdie gebeure gryp mens aan.
Hierdie offisier soldaat verstaan verseker die gesag en almag van Jesus.
Soos iemand gesê het:
“It takes authority to recognise greater authority.”
Hierdie offisier het 100 manne onder hom gehad.
Wat hy gesê het, het hy op gesag van die keiser gesê!
Die manne moes dit eenvoudig gehoorsaam.
Dit is hoe Romeinse gesag werk. Punt.
‘n Amerikaanse senator het, tydens ‘n veldtog by ‘n kerkbraai,
gevra vir meer as een stukkie hoender.
Die dame wat hulle bedien het, het gesê net een per persoon.
“Weet jy wie ek is?”, wou die senator weet.
“Nee, ek weet nie, maar ek is die vrou in beheer van die hoender.
Beweeg aan asseblief”, het die vrou geantwoord.
David Hoke het gesê:
“Let me ask you a question:
Do you want authority?
Would you like to have the authority
to be victorious in your own personal life?
All of us would.
But there is only one way to have authority –
We must be under authority.
We must become followers of Jesus Christ.”
Die offisier gee regtig om vir sy slaaf.
Dit sê iets van watter soort mens hy was.
Jesus moes dit geweet het.
Die offisier weet Jesus is onder gesag van God,
en as Hy praat dan praat God!
Geen wonder nie dat jesus gesê het dat Hy
nog nie so ‘n sterk geloof teëgekom het nie!
Sal Jesus dit oor my kan s?
Ernest