“Hoe lank nog, Here?” het Habakuk uitgeroep. “Hoe lank moet ek nog
om hulp roep sonder dat U my hoor? Hoe lank moet ek kla?.... Waarom
laat U?... Lees Habakuk 1:2-4. Hoor God ons in swaarkry? Is dit Hy wat
dit laat gebeur...? Waarom laat Hy?...
‘n Oosterse koning het sy wyse manne opdrag gegee om vir hom ‘n baie
kort boodskap te gee wat hom in alle omstandighede kan dra. So kort dat
hy dit op sy ring kon skryf en elke dag by hom kan dra. Na ‘n lang beraad
het die wyse manne besluit op dié boodskap: “Ook dít sal verbygaan.”
As dit baie goed gaan, moet ons weet, ook dít sal verbygaan. As dit baie
sleg gaan, moet ons weet, ook dít sal verbygaan. Dit is ook die boodskap
van Habakuk 2:2-3! Die Nuwe Lewende Vertaling vertaal vers 3-4 so:
“Die dinge wat Ek beplan, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Stadig maar
seker breek die tyd aan wanneer die... waar sal word. Wag geduldig,
al voel dit of dit stadig gaan. Wees seker dit gaan gebeur, dit sal nie
onnodig talm nie. Kyk na die hoogmoediges! Hulle vertrou op
hulleself en hulle lewe is boos. Die regverdiges, daarenteen,
sal deur hulle geloof lewe.”
Alles sal verbygaan. Die goeie en die slegte. Ook dit sal verbygaan.
As dit voorspoedig gaan en alles verloop seepglad, soos ons dit wil hê,
moet ons weet ook dit sal verbygaan. Hierdie waarheid demp die
hoogmoed en voorspoed neurose. En as dit sleg gaan, bring dié
waarheid dat ook dit sal verbygaan, vir ons troos en vrede. Dan sal
die pyn van die huidige omstandighede minder wees. In dit alles
weet ons dat die Here deurlopend by ons is - “Bly by my, Heer.”
Selfs al is dit ‘n kruis om ons op te lig,
om nader aan God te wees en te leef.
Ons moet in ons omstandighede die perspektief behou dat God
naby aan ons is, of dit voorspoed is, of die diepste lyding... Hy is naby!
Ons moet ook die Getsémane gebed van Jesus kan bid:
“Vader, as dit kan, spaar my tog dit wat voorlê, maar as dit nie kan nie,
sal ek dit aanvaar.” Ons moet dit opreg bid. Lees Habakuk 3:17-19.
Habakuk sê... al sou wat ookal gebeur... nogtans sal ek in die Here jubel,
sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag...”
Ernest