Romeine 6:15: "Wat beteken dit? Kan ons nou maar sonde doen
omdat ons nie onder die wet van Moses staan nie maar onder die
genade? Beslis nie!" Met vers 18 beklemtoon Paulus: "Ons dank
God dat julle van die sonde vrygemaak is en slawe van God geword
het wat sy wil doen." Ons is nou vry van die slawerny van die sonde
beklemtoon Paulus, en ons is nou vrygemaakte "slawe" van God!

Daar is mense wat dink dat genade jou 'n vrypas gee tot sonde.
Paulus sę: Beslis nie! Iemand het eenkeer gesę: Paulus en God het
'n baie goeie verhouding. Hy hou daarvan om sonde te doen, en
God hou daarvan om sonde te vergewe. Selfs is Paulus daarvan
beskuldig dat hy gesę het ons kan maar aanhou met sonde doen,
dan word God se genade nog meer. Hierdie mense se siening is
natuurlik heeltemal verkeerd. Dit is juis wat Paulus hier klem op lę
met sy woorde: Beslis nie!

Ons kan nie maar net leef soos óns wil nie. Ons leef soos God wil!
Anders verstaan ons nie mooi wat God, in Christus aan die kruis,
met ons sonde gedoen het nie. Christus het nie net die vloek gedra
vir ons ongehoorsaamheid nie, maar Hy het ons ook daar saam met
Hom laat sterf en laat opstaan in 'n totaal nuwe lewe! Anders gesę:
Jesus het in ons lewe die mag van die sonde gebreek. Hy het ons
bevry van die mag van die sonde oor ons.

Wanneer God ons red, in Christus, deur die Heilige Gees, trek Hy
ons in die sfeer van sy genade in. God dink nie eers meer aan ons
sondes nie. Ons is nie meer slawe van hierdie bose mag nie. Ons
buig nie meer elke keer die knie voor hierdie verkeerde dinge nie.
Ons is nou vry om reg te leef! Soos God wil!
C.S. Lewis het dit so gestel: "God het nie in Christus mens
geword om bloot beter skepsels van die ou soort te maak nie;
Hy het 'n totaal nuwe soort mens kom skep -
skepsels wat sy kinders kan wees!"

Gaan leef nou as kind van God!
"Wyse gelowiges pas aan by God se plan met hulle lewe -
net so volkome soos water die vorm aanneem van die houer
waarin dit gegooi word" - Ella Wheeler Wilcox.

Ernest