Psalm 90:12 sê:
“Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.”
Die groep “Five For Fighting” se liedjie “100 Years” beklemtoon die feit:
Jy lewe net een keer!
Tyd is kosbaar.
Hulle sing:
“When you only got 100 years to live, every day is a new day.
There’s still time for you. Time to buy and time to choose.”
Jou lewe maak ‘n verskil deur die keuses wat jy in jou lewe maak.
Dit was ook die ware verhaal van ‘n man wat eendag die koerant oopgemaak het,
en met verskrikking die doodsberig van sy eie dood gelees het!
Dit was natuurlik ‘n fout, maar nuuskierig het hy verder gelees.
Wat het die mense van hom gesê na sy dood?
Die opskrif was: “Dinamietkoning sterf!”
Hy moes ontsteld lees dat hy “die handelaar van die dood” was.
Maar was hulle verkeerd hieroor?
Hy het immers dinamiet uitgevind en baie ryk geword uit die verkoop daarvan.
Maar is dit al hoe hy onthou sou word?
Hy het besef hy het nog tyd, om sy lewe te verander, en vir beter onthou te word.
Christus het beheer van sy lewe oorgeneem.
Hy het vir die Here begin leef.
Hy het van daardie omkeer in sy lewe af, al sy energie en geld gegee aan die skep van vrede,
asook aan die opheffing van mense!
Vandag word hy nie onthou as die handelaar van die dood nie.
Hy word onthou as die stigter van die Nobelprys vir Vrede!
Sy naam is Alfred Nobel!
Besef, soos hy, dat jy nie vir altyd lewe nie.
Jy maak die verskil nou…., nou, terwyl jy leef!
Ernest