"Wat ons gesien en gehoor het, het ons so beďndruk dat ons
julle eenvoudig daarvan moet vertel. Julle weet mos van die
geestelike familie van die hemelse Vader en sy Seun, Jesus Christus.
Ons behoort nou aan daardie familie. Ons wil so graag hę dat julle
ook deel daarvan moet word. As dít kan gebeur, sal ons baie bly wees.
Daarom skryf ons aan julle." - 1 Johannes 1:3-4 (Die Boodskap vertaling).

Ons het nie 'n keuse oor wie ons aardse familie is nie. Ons word letterlik
in ons aardse familie in gebore. Ons kan nie besluit ons hou nie meer van
hulle en dan 'n ander familie gaan soek wat nou ons pa, ma, broers en
susters is nie. Maar ons het 'n keuse om deel van God se familie te word!
Dit is die wonderlikste éwige familie! God is ons Vader. Jesus is ons
broer.
Hierdie is 'n eenvoudige boodskap. Hierdie mense het saam met Jesus in
die stofstrate geloop. Hy het hulle voete gewas. Hulle het na sy
gelykenisse
geluister. Sy boodskappe gehoor. Sy dade gesien.

Daar was egter steeds mense wat saam geloop en geluister het, en tog nie
vir die nuwe familie gekies het nie. Hoekom was hulle so sienende blind en
horende doof? Hoekom is dit ook vandag nog so dat mense eenvoudig by
God verby kyk en verby Hom leef? Wat het óns daarmee te doen?
Johannes praat ook hieroor: "Hou dit nou in gedagte vir die volgende
vraag:
As ons rondvertel dat ons deel van God se intieme familie is, maar ons
dade verklap die teenoorgestelde, wat maak dit van ons?
Dit maak van ons skaamtelose leuenaars." - 1 Johannes 1:6 - Die Boodskap.

Hierdie bogenoemde verse moet ons ook wakker skud. Ons moet gaan
seker maak of ons regtig deel van hierdie wonderlike gesin is. Indien dit
dan so is, moet ons gaan seker maak hóé ons lewe dit as waar bewys.
Praat ons dade harder as ons woorde? Weerspreek ons lewe ons
belydenis? Is ons dade in lyn met wat ons sę en in Wie ons glo?

Dit is eintlik erg om daaraan te dink dat die manier hoe ek lewe en
optree ander skugter kan maak om deel te word van God se familie.
Kom ons maak weer opnuut seker dat ons aan hierdie familie van God
behoort en dat ons Hom daarin eer met ons hele lewe. Kom ons leef
so dat ander mense nie anders sal wil as om ook deel te word van God
se familie nie. Ons moet brand van begeerte, soos Johannes wat hierdie
woorde geskryf het, om almal met wie ons in aanraking kom, van God
te vertel en met ons lewe te wys dat ons dit glo!

Ernest