Mense maak maklik beloftes aan mekaar sonder om
die gewig daarvan te bepaal en dit na te kom. Hoe voel
God oor mense wat dit doen?
Johannes waarsku ook oor mense wat te maklik beloftes maak.
Ons maak ook beloftes aan God en aan mekaar sonder om dit
na te kom. 1 Johannes 2:4 sę in Die Boodskap met hierdie
kostelike vertaling: "Daarteenoor is iemand wat beweer:
"Ek ken Hom baie goed", maar nie doen wat Jesus vra nie,
natuurlik 'n leuenaar. So iemand kan nie eens "waarheid"
spel nie."
Dit is so! Hoe gereeld doen ons nie presies dit nie.
Ons maak beloftes en kom dit eenvoudig nie na nie.
Ons dade bevestig nie ons woorde nie.
Wys my dade dit wat ek in my woorde sę? Kyk wat sę die
volgende woorde oor my dade: "Die liefde wat God gee,
blom en bloei juis in hom wat gehoorsaam luister na wat
Jesus wil hę. Ons moet elke dag daarvan werk maak om
presies so te leef soos Jesus geleef het. So kan ons seker
wees dat ons deel van God se familie is en bly." -
1 Joh 2:5-6.
God gee om en God is 'n betrokke God. God wil elkeen
graag help. Wanneer God se kinders "soos Jesus leef"
gebeur daar wonderlike dinge! Wonderwerke vind plaas!
Nie omdat óns vir 'n slag iets doen nie, maar omdat die
Heilige Gees deur ons 'n verskil maak!
Ernest