ons leer ons moet kosteberekening doen. Wie van julle wat ‘n
gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te
sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie?... Anders
sal almal met hom die spot begin dryf... – Lukas 14:28-29.
Daar was ‘n huis, hoog teen ‘n heuwel op in Kaapstad, wat vir
jare onvoltooid gestaan het. Almal wat daarvan geweet het,
het naderhand ook geweet hoekom. Dit was ‘n man wat vinnig
ryk geword het en nie koste-berekening gedoen het nie. Hy het
later baie geld verloor en moes alles prysgee. Die huis is later
deur iemand anders voltooi wat sy koste bereken het en daarin
gaan bly het. In die proses het almal gelag en gespot oor die
aanvanklike eienaar.
Ook in Jesus se tyd was daar verseker mense wat dinge gedoen
het sonder om die koste te bereken. As timmerman was Jesus
dalk in een of twee sulke gevalle betrokke waar hy houtwerk
vir iemand gedoen het. Wie weet...
Jesus gebruik hierdie voorbeeld van koste-berekening in terme
van dissipelskap. Dit vra van jou koste-berekening om Jesus te
volg. Selfs jou eie familie kom tweede, na Jesus! Dit klink hard,
maar dit is die waarheid. Hy is Here van jou lewe as jy Hom volg!
Ons kan nie vir Jesus volg vir sy wonders en vir brood alleen nie.
Dit is wat met Jesus “volgelinge” gebeur het. Hulle volg vir eie
gewin. Hulle was net meelopers ter wille van hulleself. Om Jesus
te volg beteken letterlik alles gaan oor Hom!
Vandag is dit steeds die on-oortuigde meelopers wat die kerk
van Christus die grootste skade doen. Die wat Hom volg in
eenvoud en in die besef dat hulle uit sy genade alleen kan leef,
het die prys en koste bereken. Hulle weet dat hulle niks is, en
niks het, behalwe Hom nie! Bereken die koste, en volg Jesus alleen!
Ernest