Ons bely in ons Geloofsbelydenis dat Jesus "... ter helle neergedaal het".
Wat beteken die, op die oog af, vreemde woorde? Daar is verskil van
mening daaroor, maar die een sluit nie die ander uit nie. Die verskillende
interpretasies is soos 'n veelkleurige palet waarop daar verskeie kleure
is,
en elkeen skilder 'n ander faset van Jesus se lyding. Jesus skerm ons as't
ware af van die hel. Hy blokkeer die weg daarheen.
Hy het ter helle neergedaal sodat ons wat in Hom glo nie op die
hellevaart sal gaan nie. Dit is eenvoudig genade op genade!

Paulus verwoord dit so: "Vanweë ons sondige natuur sou ons net soos
die ander mense deur God gestraf móés word. Maar God is ryk en
barmhartig en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood
was as gevolg van ons oortredinge, saam met Christus lewend gemaak...
Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en
saam met Hom 'n plek in die hemel gegee... " Ef. 2:3-6.
Dit is wat Jesus se hellevaart vir my beteken:
Nie meer hel nie, maar hemel!

Die woorde dat Jesus "ter helle neergedaal het" lę opnuut die aaklige
diepte van Jesus se lyding bloot. Dit beklemtoon nog meer dringend dat
Jesus erger gely het as wat enige mens kan, voor of na Hom. Hy het die
węreld se sonde op Hom geneem. Hy is deur God verlaat, en roep dit uit
aan die kruis. Ons het nie die vaagste benul wat hierdie Godverlatenheid
vir Jesus moes wees nie. Hierdie woorde staan soos 'n uitroepteken aan
die einde van die lydensgeskiedenis en die belydenis, spesifiek oor Jesus
se lyding. Woorde kan dit nie verwoord nie.

Hoe weet ons, hoe kan ons besef of ervaar waardeur Jesus moes gaan?
Ons kan net seker wees: Dit sal nooit van my, kind van God, waar wees nie.
Jesus het dit in my plek gely! Hierdie samevatting van Jesus se smarte is
die samevatting van alles wat ek vryspring! Hy ly ter wille van my...

Ons kan bid: Here, toe U U laaste asem uitgeblaas het, het ek die lewe
terugontvang. Toe U ter helle neergedaal het, het ek toegang tot die
hemel verkry. Toe U begrawe is het ook my dood, sy angel verloor.
Ek kan U net lof en dank bring, my Here en my God.

Ernest