Die opstandings evangelie het die kragtige boodskap:
dit alles het gebeur ter wille van ons en die eer van God.
Jesus is nie beperk tot enige iets nie. Hy is nie gebonde aan
sy aardse liggaam nie. Nie beperk tot enige iets nie. Hy is nou
in sy Gees altyd en oral by ons.
David Livingstone het eenkeer gesê dat hy uit hierdie waarheid leef!
Hy het gesê: “Moet ek julle vertel wat my versterk het, al die jare
van my ontdekkingsreise? In ballingskap by mense wie ek nie
verstaan het nie. Mense wie se gesindheid al die jare onvoorspelbaar
en gevaarlik was. Dan moet ek vir julle dit sê: Wat my getroos en krag
gegee het was hierdie woorde:
“Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” – Mat 28:20.
Op hierdie woorde het ek staatgemaak en alles gewaag, en dit het my
nooit in die steek gelaat nie.”
Jesus Christus is by ons. Gister, vandag, en vir altyd. Die opstanding het
dit moontlik gemaak. Jesus is nie dood of afwesig nie. Die wonderlikste
wat ons oor Jesus kan sê is: Hy leef. Hy is hier. Hy is by ons!
Aan die Emmausgangers wat met somber gesigte terugloop na sy dood,
sê Jesus: “Wat ‘n gebrek aan begrip en wat ‘n traagheid van gees!
Glo julle dan nie al die dinge wat die profete gesê het nie?” –
Lukas 24:17 en 25.
Hulle was aan die rou oor sy dood toe hulle so saam op die pad geloop het.
Intussen was Hy self by hulle. Saam met hulle op pad. Jesus is lankal nie
meer in sy graf nie. Hy is by jóú, vir altyd!
Ernest