Ons, die kerk van die Here Jesus, hulle wat aan Hom behoort,
leef in die tyd tussen sy eerste en sy tweede koms. Ons sien
Jesus nie meer in sy menslike gestalte nie. Dit beteken egter
nie dat daar nou ‘n afstand is tussen Jesus en sy dissipels nie.
Daar was wel sy afskeid, maar nie ‘n afstand nie. Dit was en
is vir alle dissipels van Jesus voordelig dat Jesus opgevaar het
na die hemel.

So het Jesus self gesê:
“Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie
weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na
julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe
stuur” – Johannes 16:7.

Die hemelvaart beteken dus dat Jesus nou deur sy Gees
orals en altyd by ons is. Wat ‘n troosryke gedagte:
Ons het ‘n Voorspraak in die hemel by die Vader, naamlik
Jesus – 1 Joh. 2:1. En ons het ‘n Voorspraak op aarde, in ons
harte, naamlik die Heilige Gees. Ons kan die lewe aanpak
met die wete dat Jesus ons vandag by God verteenwoordig,
en dat die Heilige Gees God by ons verteenwoordig.

“Ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons Voorspraak
by die Vader” – 1 Joh. 2:1. Jesus se hemelvaart bring ons by
God en God by ons. In dit alles “is ons meer as oorwinnaars
deur Hom wat vir ons liefhet” – Rom. 8:37.

Ernest