In Matteus 19 lees ons van vers 16 af:
“Op ‘n dag het ‘n jongman vir Jesus kom sê:
“Goeie Leermeester, U praat so baie oor God se nuwe wêreld.
Ek wil ook bitter graag daar ‘n plek kry. Sê my,
watter goeie dinge moet ek doen,
sodat ek vir altyd daar kan gaan bly?”
Van vers 22 af lees ons dan:
“Jesus se woorde het die jongman baie omgekrap.”
Hierdie jongman vra vir Jesus hoe hy vir altyd deel word van God se koninkryk.
Jesus vertel hom dat hy volgens God se gebooie moet leef.
Selfversekerd sê hy vir Jesus dat dit geen probleem is nie.
Dit doen hy al sedert sy kinderjare.
Toe sê Jesus vir hom:
“Nou goed. As jy God se voorskrifte een honderd present wil hou,
moet jy al jou besittings verkoop.”
Jesus sê eintlik vir die ryk jong man
Dit gaan oor ‘n verhouding, en nie oor wette nie.
Dit gaan nie oor houding nie, maar oor ‘n verhouding.
Jou verhouding met God gee aan jou lewe en rigting.
Om vir God “ja” te sê,
beteken om vir die goed in jou lewe nee te sê,
wat nie vir God eerste in jou lewe plaas nie!
Wat laat jou hart klop?
Iemand merk op dat jy nie die kind in jou moet verloor nie,
want dit het slegte implikasies vir jou geloofslewe.
Onthou, sê hy, in al drie die sinoptiese Evangelies volg die gebeure
van die ryk jong man net na die gebeure oor die kindertjies.
Die ryk jong man wou nie die koninkryk soos ‘n kind ontvang nie.
Hoé wil jy die koninkryk ontvang?
Ernest