Ons bely in ons Geloofsbelydenis dat ook hulle wat reeds
gesterf het, geoordeel sal word. Dit is eintlik 'n merkwaardige
uitspraak. Die rede is dat die dood op aarde vir ons so finaal lyk.
Dit lyk of die doderyk so geslote is. Kan die dooies daar uitgehaal
word? Ja, God self doen dit en plaas hulle voor sy troon vir die
oordeel. Want, Christus het "die sleutels van die dood en die doderyk"
- Openbaring 1:18. Al die grafte van al die gestorwenes van alle eeue
sal deur Hom ontsluit word. Ook elkeen van ons sin.

Hiermee word die triomf van Christus nog 'n keer onderstreep.
Met die belydenis dat Jesus "sal kom om te oordeel dié wat nog lewe,
en dié wat reeds gesterwe het", word die feit onderstreep dat Jesus
kom om te oordeel, en dat daar by ons geen twyfel hieroor moet
wees nie.

Daarom lę ons diepste troos ook in hierdie wete opgesluit:
Wanneer ek sterwe, is dit verseker nie die einde van alles nie.
Dit is eerder die begin! Dit is eerder 'n geval van lóóf God want die
ewige verhaal saam met Hom in sy heerlikheid... begin!

1 Petrus 1:3: "In sy groot ontferming het God ons die nuwe lewe
geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood.
Nou het ons 'n lewende hoop..." Met Dietrich Bonhoeffer se
teregstelling tydens die Tweede Węreldoorlog het hy op pad galg
toe 'n vriend eenkant toe geroep en vir hom gesę: "My vriend,
dit is dan die einde - vir my is dit egter die begin van die lewe!"
Die dag daarna is Bonhoeffer tereggestel. Kort daarna was die
oorlog verby... dit is lewe en sterwe hier op aarde. Maar sterwe is
vir kinders van God die begin van lewe in ewige heerlikheid
by God. So lyk lewende hoop.

Die Geloofsbelydenis noem lewendes en dooies in een asem om
ons te herinner dat die onderskeid tussen die twee in die eindoordeel
finaal opgehef word. Lewend, of dood, almal sal uiteindelik voor God
staan. Die troos vir ons wat kinders van God is, is dat die uiteinde
ewige lewe by God is! Daarom:
Kom lewe, kom dood... kom ewige lewe!
Ons kan daarom bid: Here Jesus, ek vrees nóg lewe, nóg die dood...
want die ewige lewe het reeds vir my begin.

Ernest