Markus 14:10-11 sê:
“Daarop het Judas Iskariot na die leierpriesters toe gegaan
om met hulle reëlings te tref.
Toe hulle dit hoor,was hulle verheug en het hulle hom ‘n bedrag geld beloof.

In vers 19 lees ons:
“Geweldig geskok vra hulle toe een vir een vir Hom:
“Dit kan tog sekerlik nie ék wees nie?”

Vers 45 sê dan:
“Hy het toe direk na Jesus toe gekom en gesê:
“Leermeester”, en Hom gesoengroet.
Toe het die ander Hom gegryp.”

Vers 19 bring mens by intense selfondersoek.
Judas se gebeure laat jou nie toe om vinger te wys nie.
Dit dwing jou om eerlik na jouself te kyk.
Het ék nie al Jesus vir minder verraai nie?
Hoeveel keer nie al nie!

Die Amerikaanse koerantman en humoris, Lewis Grizzard,
het ‘n alkoholis pa gehad.
Sy pa het hulle verlaat toe hy nog ‘n klein seuntjie was.
Grizzard skryf:
“Before he died, I asked daddy a thousand times:
“What is wrong? Why can’t you stay sober?”
Sy pa het hom nooit ‘n direkte antwoord gegee nie.
Sy pa het net elke keer gehuil en gesê:
“I made a bad mistake.”
Dan skryf Grizzard:
“The man died with his secret.
What terrible secret did he have?
Whatever his sin, his secret, I loved him,
and I love him anyway.”

Dit som eintlik Jesus se liefde vir ons op.
Watter geheime ons ookal in ons ronddra,
Jesus het ons lief!
Oor Judas kan ons net sê:
“Daar staan ék,
as dit nie vir die genade van die Here was nie.

Ernest