Almal sal opstaan, maar nié almal sal opstaan in heerlikheid nie.
Waarom nie? Omdat niks vanuit mense die opstanding waarborg nie.
Hieroor is die Bybel duidelik: " Alleen dié wat in Christus sterf, sal in
Christus opstaan. "Daar is 'n volgorde: Die eersteling is Christus,
daarna,
by Christus se koms, dié wat aan Hom behoort." - 1 Kor. 15:23.
Alleen die wat aan Christus behoort, sal dié heerlikheid smaak.

Daar is ook 'n opstanding buite hierdie heerlikheid. Dit is die lot van
hulle wat buite Christus sterf. Ons kan nie hierdie waarheid van die
Woord van God versag nie. Dit staan daar, swart op wit. Die Here Jesus
sal met sy magtige engele in 'n vuurvlam uit die hemel verskyn.

Dan sal Hy die mense straf wat nie vir God ken nie en dié wat die
evangelie van Jesus Christus nie wou gehoorsaam nie. Wanneer ons
die moed het om oor hierdie werklikheid na te dink, weet ons dit kan
nie anders nie. Wanneer iemand in hierdie lewe sonder God, en daarom
buite Christus se wil lewe, sal dit in die toekomstige lewe tog nie anders
wees nie. Die ewige verdoemenis is niks anders nie as die bekendmaking
en beklemtoning van dit wat reeds is.
Die bedoeling van die evangelie is Lewe!... met 'n hoofletter.
God wil dat ons lewe!

Iemand wat die Verlosser, die Here Jesus Christus, geken het was die
Nederlandse teoloog Herman Bavinck. Op sy sterfbed het hy na 'n
lewe van prestasie en erkenning gesę: "Nou is dit net ek,... en Jesus."
Ons kan niks met ons saamneem wanneer ons hierdie lewe verlaat nie.
Ons kan ook nie gaan spog met prestasie en die erkenning van mense nie.

Job 1:21 sę: "Sonder iets het ek in die węreld gekom en sonder iets gaan
ek daaruit." In die dood is ons gestroop.
Maar, ons het niks nodig nie! Niks! Ons gaan 'n nuwe liggaam,
'n opstandings-liggaam van Christus ontvang. Wie dit het, het alles!
Moenie vasklou aan die dinge om jou, of aan jouself nie. Lewe lig en vry!
Ook vry van jouself, en nuut in die Here!

Ons kan bid: Here, bevry my van myself en van die oortollige
van hierdie lewe. In U het ek meer as genoeg. In U het ek alles!
In U het ek lewe! Ewige lewe!

Ernest