In sy bergrede leer Jesus:
"Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.
Want met die oordeel waarmee julle oordeel,
sal julle geoordeel word,
en met die maat waarmee julle meet,
sal vir julle afgemeet word." (Matteus 7:1-2)

Hy gaan dan voort om te sê:
"Haal eers die balk uit jou eie oog,
dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog te haal".

Reeds in die vroeë kerk was daar onsekerheid oor wat Jesus hiermee bedoel.
Sommige het gemeen dit beteken 'n Christen mag glad nie ander se sondes uitwys nie.
Ander het daarop gewys dat Jesus self die mense van sy tyd se sondes uitgewys het,
en daarom hulle geoordeel het.
Nog ander wys op Jesus se woorde in Johannes 7:27 wat lei:
"Moenie op die oog af oordeel nie, maar oordeel regverdig"

Galasiërs 6:1 sê verder:
"Broers, as iemand deur een of ander sonde oorval word,
moet julle wat met die Gees vervul is,
so iemand in 'n GEES VAN SAGMOEDIGHEID reghelp".

Die vraag is dan: moet ons mense op hulle sondes wys, of nie?

In die bergrede meen Jesus nie ons moet nooit ons medegelowiges op hulle foute wys nie.
Jesus praat eerder teen die stereotipering wat gepaard gaan daarmee.
Die "vroom mense" van die tyd het nie gemeng met "sondaars" nie.
Jesus, daarenteen, was vriende met tollenaars, melaatses en prostitute.
Aan die overspellige vrou sê hy:
"Ek veroordeel jou ook nie,
gaan en moet van nou af nie meer sondig nie" (Joh 8:11)
Dit gaan daaroor om mense nie stief te behandel,
omdat hulle in ons oë "sondaars" is nie.

Jakobus waarsku ons ook om nie kwaad te praat van mekaar nie,
Want as ons dit doen, word ons 'n regter van die wet
en nie 'n gehoorsame uitvoerder van die wet nie.
Ons doen dan God se werk,
en nie ons eie nie. (Jak 4:11-12)

Wanneer ons dan ons medegelowiges teregwys, moet ons:
1) eers na onsself kyk: of ons nie erger dinge doen nie;
2) altyd dit uit 'n SAGMOEDIGE GEES doen; (Gal 6:1)
3) altyd die ander persoon menswaardig behandel (Mat 18:15)
4) nie die persoon se publieke beeld probeer skaad nie
5) ten spyte van alles, daardie persoon nog steeds aanvaar!

God aanvaar ons onvoorwaardelik,
laat ons mekaar net so onvoorwaardelik aanvaar!

Ashton