Nadat Jesus sy dissipels geleer het om nie te oordeel nie,
leer Hy hulle wat hulle wel moet doen:
"Spreek vry, en julle sal vrygespreek word!" (Luk 6:37)

Die Griekse woord vir "vry-spreek" is afgelei van die woord wat "losmaak" beteken.
Daarteenoor is Oordeel en veroordeling om mense vas te maak.
'n Regter veroordeel 'n oortreder om toegesluit te word;
sosiale stigma's sluit mense uit sosiale kringe uit;
oortredings wat ons teen mense hou, sluit hulle van verhoudings met ons uit;
en sonde veroorsaak 'n skeiding tussen ons en God.

Vryspraak maak al hierdie skeidings en bande ongedaan!
Vryspraak is:
wanneer gevangenisse vrygelaat word;
wanneer sosiale stigma's gebreek word en mense weer as deel van 'n groep aanvaar word;
wanneer ons mense vergewe sodat ons verhoudings kan herstel;
wanneer Jesus aan 'n houtkruis die afstand tussen ons en God oorbrug!

Die Here leer ons dat dat die begin van 'n morele lewe is:
"Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê",
of andersom gesê:
Gun vir ander wat jy vir jouself gun!
Ons kan dit nog verder vat:
Gun vir ander wat God vir jou ook gun!

As God ons dan vryspreek,
laat ons mekaar ook vryspreek!

Ashton