"Gee,

en aan julle sal gegee word -

'n goeie maat, saamgepers, ingeskud

en tot oorlopens toe vol,

sal in julle skoot val.

Want met dieselfde maat waarmee julle meet,

sal vir julle afgemeet word". (Luk 6:38)

Jesus leer sy dissipels dat dit nie genoeg is om mense net te aanvaar nie,

ons moet aktief uitreik na hulle en voorsien aan hulle behoeftes.

Anders as die skrifgeleerdes, skryf Jesus is 'n "minimum" voor wat ons moet gee nie.

Dit is nie 'n "tiende" van ons inkomste,

of wat oorbly na ons vir ons self gesorg het nie.

Die maat waarmee ons vir ander afmeet,

moet die maat wees wat ons wil hê gebruik moet word om vir ons af te meet!

Jesus leer ons 'n vrygewige persoon,

kan vrygewigheid verwag,

en 'n suinige persoon,

kan suinigheid verwag.

Voor ons gee, moet ons daarom eers 'n vrygewige gesindheid hê.

'n Vrygewige gesindheid spruit voort uit die besef dat alles wat ons het,

eintlik God s'n is.

Niks wat ons het, het ons self verdien nie!

Om te gee, is eintlik net om God se guns te versprei,

eerder as om dit vir jouself te hou.

Daarom sê Jesus ook:

"Verniet het julle ontvang!

Verniet moet julle gee!"

(Mat 10:28)

Ashton