“Jy moet die Here jou God liefhê met alles wat jy is en het.”
Niks in jou lewe mag vir jou so belangrik soos God wees nie.
Hierdie opdrag staan bo-aan die lys.
Maar daar is ‘n tweede opdrag wat langs die eerste een op die lys staan.
Jy moet ander mense so liefhê asof hulle jý is.”
Lees Matteus 22:34-40.

Dit is ‘n feit dat God ons eerste liefgehad het,
nog lank voor ons Hom liefgehad het.
Daarom kan ons God se liefdesopdrag uitleef.

Wanneer jy ‘n sponsie of vadoek neem ,
om iets op die kombuiskas af te vee,
dan moet jy dit eers natmaak om effektief te wees.
As die sponsie of vadoek droog bly, dan is dit van geen nut nie.
Jy moet dit eers natmaak.

Dieselfde geld vir ons.
As jy deurweek word van God se liefde vir jou,
dan inspireer hierdie liefde van God vir jou om ook lief te hê.
Met God se liefde in jou, kan jy Sy liefde beantwoord,
en jou naaste liefhê,
en ook jouself liefhê,
en jouself waardeer vir wie God jou gemaak het!

Laat God jou deurweek met sy liefde!

Ernest