"Gedenk die Sabbat,
dat jy dit heilig!
Ses dae moet jy werk
en alles doen wat jy moet!
maar die sewende dag is 'n Sabbat
ter ere van die Here jou God!"
(Eks 20:8-10)
Sterk winde en storms bou op oor die see en oor woestyne,
want daar is geen bome of berge om die wind te breek nie.
Bome en berge maak op hierdie manier die land meer leefbaar.
Die woord Sabbat beteken "rus",
maar dit beteken ook "om te stop"
of "om 'n pouse te neem".
Dit gaan daaroor om 'n oneindige vloei van iets "op te breek",
soos die bome en berge met die wind maak,
of die pouses tussen note in 'n musiekspel.
Ons is dikwels besorgd oor wat ons op die Sabbat mag en nie mag doen nie.
Maar dit mis heeltemal die punt!
God verstaan hoe ononderbroke werk
tot angs lei.
God verstaan hoe ononderbroke produksie
tot die verwoesting van die omgewing lei.
God verstaan hoe ononderbroke winsmakery
tot inkomste-ongelykheid en armoede lei.
Daarom beveel hy ons om hierdie bose siklusse te onderbreek!
Let op:
Ons moet hierdie onderbrekings heilig hou!
Dit moet nie ligtelik geneem word nie.
Die bome kan net die wind keer, as die wortels sterk is.
Anders waai die wind die bome weg!
Die Sabbat gaan nie oor 'n vrome onderhouding van die wet nie.
Dit gaan daaroor om genade aan ander,
en aan jouself,
te toon,
deur vir hulle en jouself rus te gun.
Daarom sê Jesus,
juis in verwysing met die Sabbat:
"Ek soek genade,
en nie offers nie".
(Mat 12:7)
Ashton