"En toe sê die Here God:
Dit is nie goed vir die mens om alleen te wees nie.
Laat ek vir hom 'n helper maak,
een net soos hy."
(Gen 2:18)

Die Here het Adam gemaak om Sy skepping te bearbei.
Daarmee saam het hy vir hom baie verantwoordelikhede gegee.
Maar die Here het besef hierdie verantwoordelikhede is te veel vir een mens.
Daarom het hy eers diere geskep,
om van die verantwoordelikheid af te neem.
Maar dit was nie genoeg nie.
Diere sal nooit alles kan doen wat die mens kan nie.

God skep toe die vrou.
Iemand wat in elke opsig hom kan aanvul.
Iemand net soos hy,
sy gelyke.

Die lewe laai swaar verantwoordelikhede op ons:
familiepligte,
finansiële laste,
geestelike probleme,
gesondeheids probleme,
beroepslaste,
studies.

Nog nooit het die Here van plan verander,
en gedink dat dit nou goed is dat een mens alles alleen moet aandurf nie.
Net soos God Eva aan Adam gegee het,
gee hy vir ons ook helpers!
Familie
Vriende
Kollegas
Gemeentelede
Die gemeenskap.

En al wat ons hoef te doen, is:
vra!

"Vra,
en vir julle sal gegee word!
Soek,
en julle sal vind!
Klop,
en vir julle sal oopgemaak word!"
(Mat 7:7)

Ashton