"Ek is die Here jou God,
wat jou uit die land van Egipte
die huis van salwerny
uitgelei het"
(Eks 20:2)
Dit is die eerste en belangrikste gebod.
Dit is begin en die bron van wysheid
en 'n morele Lewe.
Dit is die manier hoe ons reg van verkeerd kan onderskei.
Dit is ons verlossing uit verslawing en bose groef waarin ons lewe verval het.
Dit is ons enigste troos,
in lewe,
en in dood.
Die Here het ons geskep;
Die Here lei;
Die Here bewaar;
Die Here tug;
Die Here voorsien;
Uiteindelik is dit ook die Here wat ons sal inneem onder Sy vlerk!
Daarom moet ons altyd,
in alles wat ons doen, dink en sê,
onthou:
Die Here is ons God!
"Ontsag vir die Here
is die begin van kennis"
(Spr 1:7)
Ashton