Die ewige soutverbond.
"En al jou graanoffers moet met sout gesout wees,
Jy mag nie die sout van die verbond van jou God
oor jou graanoffer nalaat nie.
Bied al jou offers aan met sout!"
(Lev 2:13)
Die doel van die offers in die Ou-Testement,
was nie net om versoening tussen God en sy mense te bring nie.
Die offers was ook simbole van God se verbond met Sy volk.
Dit moes die volk leer hoe om in die verbond te leef.
Sout was een van die belangrikste simbole van God se verbond.
In Numeri 18:19 word die verbond die "beriet melag olam" genoem,
d.i. die "ewige soutverbond".
Vir antieke mense was sout die heel belangrikste preserveermiddel.
Dit kon korrupsie en "vrot word" weghou.
'n Bietjie sout, kon baie kos vars hou!
En dit is God se bedoeling met Sy volk:
hulle (ons) moet die sout van die wêreld wees (Mat 5:13).
'n Klein groepie mense,
wat die korrupsie en "vrot word" van 'n groter groep weghou.
'n Eerlike mens wat met integriteit optree tussen 'n klomp leunaars,
is sout.
'n Deugsame familelid in 'n losbandige familie,
is sout.
'n Geduldige mens in verkeer vol padwoede,
is sout.
'n Vergewensgesindde mens tussen kwaadstokers,
is sout.
Mag al die offers wat ons vir die Here bring,
gesout wees!
Ashton.