2 Soorte wysheid

"Ek het die taak gesien wat God vir die mensdom gee,
om hulle mee besig te hou:
Elke werk mooi op sy tyd!
Hy het ook ('n besef van) ewigheid op sy hart geplaas,
sonder dat die mens kan verstaan wat God doen
van begin tot die einde".
(Pred. 3:11)

In die Ou-Testament kry 'n mens twee soorte "wysheid".
Aan die een kant is daar "Spreuke-wysheid".
Dit probeer die verhouding tussen "begin" en "einde" verstaan.

Wees lui, en armoede is die gevolg (Spr 6:10)
Lieg, en jy sal uitgevang word (Spr 12:19)
Drink baie, en jy sal baie bakleiery beleef(Spr 20:1)

Dit is die "besef van ewigheid":
die besef dat alles in die verlede,
gevolge in die toekoms het.

Aan die ander kant is daar "Job-Wysheid".
Dit sien dat 'n mens alles reg kan doen,
en dan gaan dinge steeds verkeerd.
Ander doen weer alles verkeerd,
en dan gaan dit goed met hulle.
Daarom dat die Prediker sê:
"die mens kan nie verstaan wat God doen
van die begin (oorsaak) tot die eide (gevolg) nie.

Spreuke-wysheid gaan oor die dinge waaroor ons beheer het,
dit eis optrede.
Job-Wysheid gaan oor die dinge waaroor ons nie beheer het nie,
dit eis perspektief.

Altwee soorte wysheid word verwoord in die "serenity prayer":
"Grant me the serenity to accept the things I cannot change,
the courage to change the things I can,
and the wisdom to know the difference"

Prediker se eie raad aangaandie hierdie pardoks is:
Tree met wysheid op,
maar leef in en geniet elke oomblik,
sonder om besorg te wees oor die toekoms,
wat ons in elk geval nie verstaan nie.
(Pred 3:12-13)

Ashton