In ‘n wêreld waar alles verander en God se kinders al hoe meer op die agtergrond gedruk word en ons geloof belaglik gemaak word, moet ons soveel meer vashou aan die waarheid en die belydenis van ons geloof uitleef. Die wêreld glo nie die Evangelie wat ons verkondig nie. Jesus self het sy dissipels gewaarsku dat die wêreld Sy kinders sal verdruk. Johannes 16:33
“Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

1 korintiërs 1:18“Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. “
Daar staan tog geskrywe:
“Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig,
en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.
Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie.”

Vir ewig bly U God, my God
Driemaal Heilig is U, o Aller Hoogste
van ewigheid af was U daar en tot in die verste
Onsienbare, tydlose ruimte van U Goddelike heerlikheid sal dit
So wees. (uit: Flentertjies lig)

Marie~