"En Hy het vir my gesê:
'My genade is vir jou genoeg'
Want krag word in swakheid vervolmaak."
(2Kor 12:9 - eie vertaling)
Paulus was nie die regte kandidaat om die Evangelie te verkondig nie.
Hy het dan Christene vervolg,
self tot die dood toe.
Sy skuldgevoelens moes hom uitgeteer het.
Hoe kan hy 'n apostel wees!?
Hoe kon Dawid,
'n bende-leier,
'n verkragter,
'n moordenaar,
koning wees?
Hoe kon Moses,
ook 'n moordenaar,
'n lafaard met 'n spraak probleem,
'n leier en 'n profeet word?
Antwoord:
Deur niks anders as die genade van die Here nie!
Jy sien, geliefde mede-gelowige:
geen mens se gewete is skoon nie,
geen mens het werklik die tyd om God na regte te loof nie
geen mens is werklik bekwaam om God se werk te doen nie.
Maar dit maak nie saak nie!
Die kruis is 'n teken van vernedering en swakheid,
maar dit is ook God se magtigste reddings-instrument!
Ek en jy sal altyd tekort skiet,
maar God sal altyd aanvul wat nodig is.
Ashton