"Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het,
nie met teensin
of uit dwang nie,
want God het die blymoedige gewer lief"
(2Kor 9:7)
Paulus samel fondse in vir arm gelowiges in Judea.
Maar hy is versigtig om met sy insameling nie armoede in ander gemeentes te veroorsaak nie.
Daarom nooi hy die Korintiërs uit om goed na te dink voor hulle gee.
'n Mens moet nooit gee uit skuldgevoelens nie,
ook nie uit dwang nie,
ook nie uit ingewing van die oomblik nie.
"Gee tot dit seermaak" word dikwels rongegooi deur predikers
om groter bydraes uit kerkgangers te kry.
So 'n gesindheid eis egter dat ons teensinnig moet gee,
ons moet selfs 'n bietjie "hartseer" voel wanneer ons gee.
Dit gaan loodreg in teen wat die Bybel leer!
Ons kan niks vir God gee wat Hy nie reeds besit nie.
Waarna Hy kyk, is die gesindheid van ons hart.
En die gesindheid wat Hy soek:
is blymoedigheid!
God wil hê ons moet met blydskap en dankbaarheid na ons eie besittings kyk.
Ons moet besef dat dit die Here is wat vir ons sorg,
nie ons rykdom en besittings nie.
Dan sien ons die oorvloed raak waamee die Here ons seën,
dat ons baie meer het as wat ons werklik nodig het,
al is dit "min" in vergelyking met "ryk mense".
En dit is uit hierdie oorvloed,
wat ons blymoedig vir ander kan gee.
Ashton