"En hulle (die priesters) sal My naam
oor die kinders van Israel plaas,
En Ék,
Ék sal hulle seën!"
(Num 6:27)
Aan die einde van 'n erediens spreek 'n predikant die seën uit,
maar dit is nie hy wat die gemeente seën nie.
Dit is die Here self!
Die seën is nie net welwense,
of mooi woorde nie.
Die seën sê nie:
"Ek hoop die Here beskerm en seën jou" nie.
Wanneer die seën uitgespreek word,
word die naam "HERE" op die gemeente geplaas.
Dit merk die gemeente as die besitting van God.
En daarmee saam kom die beloftes aan almal wat aan God behoort.
Hierdie beloftes kom net so uit die Woord van God.
"Die Here sál jou seën,
en jou bewaar!
Die Here sál Sy gesig oor jou laat skyn,
en aan jou guns bewys!
Die Here sál Sy gesig oor jou oplig,
en aan jou vrede gee!"
(Num 6:24-26)
Ashton