"Dan sal die Here jou God jou lot verander.
Hy sal Hom oor jou ontwerm
en jou weer bymekaarmaak uit al die volke
waarheen die Here jou God jou verstrooi het."
(Eks 30:3)

Ons lees baie in die Bybel van God wat iemand se lot verander.
God vernader Job se lot (Job 42:10)
So ook verander God die lot van die Moabiete (Jer 48:47)
En van die Ammoniete (Jer 49:6)
En van die Elamiete (Jer 49:36)

In elk een van hierdie gevalle,
sê die Hebreeus eintlik:
"God herstel hulle voorspoed"
Die beeld is van 'n ouer van sy kind se speelgoed wegneem
om hom te straf,
maar dan na 'n ruk daardie speelgoed terug gee.

Die lewe is vol hoogte punte en laagte punte.
Ons verstaan nie altyd waarom die slegte tye kom nie.
Die storie van Job maak dit duidelik dat moeilike tye
nie altyd God se straf is nie.

Maar ons weet God is lief vir ons.
Hy is nie 'n wrede God wat dinge vir ons gee,
net om dit weg te neem nie.
Ons weet dat die slegte tye altyd verby gaan.
Dit kom tot 'n einde.
En die goeie tye kom dan terug.

Ashton