"En soos hulle besig was om te staar na die Hemel,
terwyl Hy weggaan,
was daar skielik twee manne in wit klede,
weerskante van Hom,
wat toe ook vir hulle sê:
'Manne van Galilea,
vir wat staan julle hier en kyk na die Hemel?
Hierdie Jesus wat opgeneem is weg van julle na die Hemel,
sal kom soos julle hom gesien het weggaan na die Hemel.'"
(Hand 1:10-11)
En so begin die Handelinge van die Apostels -
die bediening van die kerk op aarde.
Jesus was klaar met sy werk op Aarde,
nou begin Sy volgelinge se werk,
totdat Hy weer terugkom.
Die twee mans vra hulle waarom hulle so na die hemel staar,
"Waarom is julle hartseer oor tye wat verby is?"
"Waarom staan julle hier en tyd mors?"
"Waarom gaan doen julle nie wat hierdie Jesus julle beveel het nie?"
Die Here het waarlik het opgevaar!
En net so seker,
sal Hy waarlik weer terugkom.
Dit gee ons hoop,
maar ons kan nie aanhou staar na die Hemel nie,
ons het 'n werk om te doen.
Die Kerk van die Here,
is die Rentmeester van Sy koninkryk tot Hy kom.
Dit moet vrede op aarde bring,
dit moet vir God se kinders sorg,
'n baken van hoop wees,
bande breek,
en die Goeie Nuus verkondig.
Al hierdie take laat Hy aan ons oor.
Laat ons dat nie aanhou staar na die wonder van die Hemelvaart nie.
Laat ons vertrek,
laat ons Sy Kerk wees!
Ashton