"En terwyl Hy saam met hulle vergader het,
het Hy hulle beveel:
'Moenie Jerusalem verlaat nie,
maar wag vir Hom wat die Vader belowe het,
Hom van wie julle by my gehoor het.
Want terwyl Johannes gedoop het met water,
sal julle gedoop word met die Heilige Gees!
Nie baie dae van nou af nie'"
(Hand 1:4-5)

Jesus stuur sy dissipels na die wêreld:
"Gaan!"
Maar dan voeg hy by:
"Maar wag eers 'n bietjie voor julle gaan,
ontvang eers dit wat jy nodig het
om die taak te virrig."

Voor Dawid vir Goliat verlaan,
tel hy eers 5 klippe op.
Voor Ester na Ahasveros toe gaan,
maak sy haarself eers mooi.
Voor Nehemia by die koning kla oor Jeruaselm se toestand,
bid Hy eers.

Voor 'n atleet aan 'n wedstryd deelneem,
oefen hy en warm op.
Voor 'n skaakspeler 'n moeilike opponent aanvat,
analiseer hy daardie opponent se speelstyl en openinge.
Voor 'n maatskappy 'n groot bou-projek aanpak,
moet die ingineurs eers planne optrek en toetse doen.

Enigiets wat die moeite werd is om te doen,
is die moeite werd om goed te doen.
Dit eis voorbereiding.
Dit eis geduld.

Ons het 'n belangrike taak in hierdie wêreld.
Maar ons gaan dit nie doen sonder die Gees nie.
Sonder om die Gees te ontvang,
en na die Gees te luister nie.

Daarom kan ons nie sommer impulsief inspring
en doen wat God ons beveel het nie.
Uit ons eie uit, gaan ons misluk.
Ons moet stil word,
en die Gees toelaat om ons te lei.
En as ons ritme verloor het,
as ons energie opgeraak het,
kan ons eenvoudig net weer stil word,
dat die Gees ons weer op die pad kry!

Ashton