"En die Aarde was woes en leeg,
en donkerte was oor die chaotiese waters,
maar die Gees van God het oor die waters gesweef."
(Gen 1:2)

Daar is 'n probleem.
Dis chaos,
die wêreld is onbewoonbaar,
maar...
die Gees van God is daar om orde te gee!
Die Gees is daar om die wêreld te transformeer.

Ons onthou nog die goeie ou dae
toe Suid-Afrika ordelik en goed gefunksioneer het.
Vir al die politiese probleme in die land,
het publieke dienste darem gewerk.

Nou moet ons met hartseer kyk na alles wat uitmekaar val.
Niks is veilig nie,
niks werk nie.
Selfs die kerke loop leeg.

Maar die Here wil nie hê dat ons met heimweë terugkyk
na dit wat verby is nie.
Dit is verby,
ons gaan dit nie terugkry nie.

Prediker 7:10 sê:
"Moenie sê,
'Waarom was die vroeëre dae
beter as hierdie?' nie;
want dit is nie uit wysheid
dat jy daaroor vrae stel nie."

Die wêreld om ons is woes en leeg,
donkerte het oor die land gedaal.
Maar...
die Gees van God is daar om orde te gee!

Eerder as om na die verlede te kyk,
kom ons kyk na die potensiaal van die wêreld om ons.
Die Gees van die Here is oor ons,
juis om hierdie wêreld op te bou.

Voor ons staan 'n skoon bladsy
waarop ons 'n nuwe storie kan skryf.
Dit gaan opoffering eis,
en dit gaan nie ons nie,
maar ons kinders wees
wat voordeel daaruit trek.

Die Gees van die Here dring ons,
om ons gawes te gebruik,
om orde aan hierdie land te bring.

Ashton