"Glo in die Here Jesus,
en jy sal gered word,
jy en jou huishouding!"
(Hand 16:30)

Sommige meen baba's moet nie gedoop word nie.
'n Mens kan eers gedoop word as jy glo,
en babas kan nie glo nie,
en hulle kan nie verstaan nie.
Verder voer hierdie mense aan
dat ons nooit in die Bybel lees van babas
wat gedoop word nie.

Die doop is egter nie iets wat ons vir God doen nie,
maar iets wat God vir ons doen.
Dit is 'n teken van God se belofte aan ons.
Hierdie belofte is ook aan kinders gegee!

En natuurlik sou daar nie veel kinders
in die Nuwe-Testament gedoop word nie.
Daar was nog nie enige gelowige ouers,
om hul kinders te laat doop nie.

In Handelinge 16 lees ons egter van 2 gevalle,
waar 'n hele huisgesin gedoop is,
omdat die hoof van daardie huishouding
tot bekering gekom het.
Hierdie huisgesinne het ongetwyfeld kinders ingesluit!

Ons moet nooit twyfel of ons gered is,
omdat ons nie "reg gedoop" is nie.
Die Here gaan verseker nie in die oordeelsdag,
ons oordeel op grond van hoe ons gedoop is nie!
Groot, klein,
baie water, min water,
onder water, langs die water.

Dis die Here wat red,
nie water nie.

Ashton