"En God het gekyk na alles wat Hy gemaak het,
en kyk,
dit was baie goed!"
(Gen 1:31)
Vir een of ander rede,
dink ons "lekker" beteken "verkeerd".
Natuurlik is dit so
dat 'n mense maklik verslaaf kan raak
aan elke soort lekkerny,
maar dan is dit die verslawing wat verkeerd is,
nooit die ding wat God gemaak het nie.
Hy het dit gemaak,
juis dat ons dit kan geniet.
Paulus skryf aan Timoteus oor sy frustrasie
oor mense wat leer dat om te trou
en om sekere kos soorte te eet,
is sonde.
Hy meen dat hierdie mense
hulle idees van demone af kry.
Dan gee hy vir Timoteus hierdie raad:
"Elke skepping van God,
is goed,
en niks wat met dankbaarheid ontvang word,
is verwerplik nie,
want dit is geheilig,
deur die Woord van God,
en deur gebed."
(1 Tim 4:4)
Ons moet daarom nie skuldig voel
om die lekker van die lewe te geniet nie.
As jy wonder of "is dit sonde?",
vra jouself die volgende vraag:
"kan ek vir God met 'n skoon gewete dankie sê daarvoor?"
Indien jy kan,
geniet dit,
want God self seën jou daarmee!
Ashton