"My siel
herstel Hy
Hy lei my
op paaie van geregtigheid
ter wille van Sy Naam!"
(Psalm 23:3)

Die Here is ons herder,
en ons is skape
wat kort-kort dwaal (Jes 53:6)

Vir 'n rukkie gaan dit goed met ons.
Ons loop 'n reguit pad.
Ons het baie psigiese energie.
Ons doen alles reg,
en het groot planne vir die toekom.

Maar dan gebeur die lewe,
Ons raak moeg.
Ons dwaal van die pad af.
Ons beland op 'n slegte plek,
'n plek waar ons nie meer kans sien
vir al ons verantwoordelikhede nie.
Ons skeep onsself af,
Ons skeep mekaar af,
Ons skeep ons godsdiens af.

Maar die Here hou nooit op
om ons herder te wees nie!
Deur Sy Gees,
op 'n wonderbaarlike manier,
herstel Hy weer ons innerlike kragte
-Hy verkwik ons siele-
en dan sit Hy ons weer op die regte pad.

En as ons dan weer dwaal,
dan kom haal Hy ons eenvoudig net weer.

"Ons almal
het gedwaal soos skape,
elke persoon het gedraai na sy eie pad,
maar die Here het op Hom laat neerkom,
die oortredings
van ons almal!"
(Jes 53:6)

Ashton