"Moet nie haastig wees met jou mond nie,
en met jou hart moet jy nie vinnig wees
om 'n woord te uiter
in God se teenwoordigheid nie,
want God is in die hemel,
en jy is op die Aarde.
Daarom:
Laat jou woorde min wees!"
(Pred 5:1)
God hoor alles wat ons sê.
Ons moet daarom seker maak
dat alles wat ons sê:
waar is,
goed is,
regverdig is.
Jesus sê ons sal uiteindelik moet rekenskap gee,
vir elke woord wat ons gebruik. (Mat 12:36)
Die beste is
om so min as moontlik te sê.
Ashton