"Julle draai om na baie toe,
maar kyk:
daar is net 'n bietjie!
Julle bring dit na julle huise toe,
maar Ek blaas dit weer weg!
Waarom verklaar die Here, die Opperheerser, dit?
Omrede dit My huis is wat julle afkeep,
terwyl elke man na sy eie huis toe hardloop".
(Hag 1:9)

Die balingskap is verby!
Die volk trek terug na hulle huise toe.
Hulle sien al 50 jaar uit na hierdie oomblik.
Dinge kan nou net beter gaan!

...maar dit doen nie.

Die volk begin huise herbou,
plase word aangeplant,
vee word aangeteel,
besighede word weer op die been gebring!
Maar beina niks wil geluk nie.
En dit wat wel slaag,
bring vir hulle geen genot nie.

Die probleem?
Hulle prioriteite is verkeerd!
Al hierdie dinge doen hulle,
terwyl die tempel in puin lê!
Die Here sê vir hulle:
herbou eers My tempel,
dan sal al die ander geluk!

Hoeveel keer gebeur dit nie dat ons ons ritme verloor nie?
Ons kry min slaap,
skeep ons verhoudings af,
eet ongesond,
en ontwikkel slegte gewoontes.

Ons probeer dinge reg maak,
maar niks wil reg kom nie.
Hoekom?
Want ons geestelike lewe het verval!

Die oplossing?
Ons moet prioritiseer:
die herstel van ons tempel,
ons geestelike lewe,
ons stiltetyd,
ons kerkbywoning,
ons bybelstudie,
ons verhouding met die Here!

Hiersonder het al ons ander voorneme en drome,
geen betekenis nie!

Ashton