Pyn is deel van menswees.
Nie net pyn na liggaam nie, maar veral ook emosionele pyn.
In die lig van Paasfees dink mens aan Romeine 8:35:
“Wat kan ons nou nog skei van Christus se liefde vir ons?
Swaarkry, probleme,….nie een van hierdie dinge nie!”
In die fliek “City Of Angels”,
word iets van die mens se emosionele pyn uitgebeeld.
Maggie (Meg Ryan) ontdek dat Seth (Nicholas Cage) nie ‘n mens is nie,
maar ‘n engel. Hy ken nie vrees nie, ervaar nie pyn nie, nie honger of dors nie.
Maar, hy is bereid om alles op te gee om ‘n mens te word,
omdat hy Maggie baie liefhet.
Hy gee sy bestaan en die ewigheid op, om mens te word, ter wille van Maggie.
Ironies, soos die menslike lewe vol pyn is, tref tragedie hulle.
In ‘n hartseer toneel sterf Maggie in ‘n fietsongeluk.
Seth word alleen agtergelaat om nou met die pyn van menswees te deel.
Hartseer, verlies, eensaamheid….
Iemand wil by hom weet of dit die moeite werd was om mens te word?
Sy treffende antwoord:
“Yes, to be human is a wonder.”
Menswees bly ‘n wonder-voorreg van God aan jou!
Maar dit is ‘n wonder wat nooit sonder pyn is nie.
Alan Paton skryf in “Cry The Beloved Country” :
“I have never thought that a Christian would be free of suffering.
For our Lord suffered. And I have come to believe that He suffered,
not to save us from suffering, but to teach us how to bear suffering.
For He knew that there is no life without suffering.”
Philip Yancey sê oor Paasfees en pyn:
God het vir altyd ‘n waardigheid gegee aan almal met lyding en pyn,
deurdat Hy in Christus ons lyding en pyn kom deel het.
Ernest