Kyk net wat sê Paulus onder andere in 1 Korintiërs 15:
“Daar is tog geen twyfel oor die boodskap nie:
Jesus was dood en is weer lewendig gemaak.
As Jesus nog dood is,
beteken dit dat ons ‘n klomp leuens oor God ook vertel,
want ons sê mos dat Hy Christus lewendig gemaak het.
En as God Hom nie lewendig gemaak het nie,
is julle nog net soos julle maar altyd was,
van kop tot tone in die sonde.
Dan help dit niks meer dat julle sê julle glo nie.
Die waarheid is heeltemal anders:
God hét Christus lewendig gemaak nadat Hy aan die kruis dood is!
En Christus is maar die eerste Een van nog baie om te kom,
Dit waarborg Hý!”
Dit is merkwaardig dat die Christelike geloof die enigste geloof is
wat op iets leeg gebou is!
Die leë graf van die Here Jesus Christus!
Ander gelowe het plekke wat hulle besoek.
Die Moslems gaan byvoorbeeld na Mekka toe.
Hulle profeet Mohammed is daar begrawe.
Maar ons as Christene het nie ‘n plek om na te gaan nie.
Ons gaan na ‘n Persoon toe!
Na die opgestane Here Jesus Christus toe!
Want Jesus se graf is leeg!
Die opstanding van Jesus moet ons inderdaad opgewek maak,
en entoesiasties vir die hele lewe maak!
Dit is die kern van die Christelike geloof.
As Jesus nie opgewek is nie,
waaroor kan jy dan enigsens opgewek wees…?
Sy opstanding gee sin aan die totale lewe,
my lewe, my geliefdes se lewe, ons belegging in mekaar se lewe,….
en so kan ons aanhou praat oor die sin van lewe,
in die opstanding van Jesus!
Leef vanuit hierdie werklikheid!
Jy en al jou geliefdes.
Leef dit so uit dat ander ook hierdie sin van die lewe ontdek!
Ernest