Paulus skryf verder in 1 Korintiërs 15 oor gelowiges:
“Elkeen sal sy beurt kry.
Christus het eerste opgestaan en so die pad vir ons ander oopgemaak.
Wanneer Christus weer kom,
sal al die mense wat aan hom behoort ook opstaan.
Dan sal die einde daar wees.
Christus sal daarvoor sorg dat nie ‘n enkele vyand van God oorbly nie.
Dan sal Hy alle oë finaal op God, sy Vader,
rig sodat hulle Hom as die groot Koning kan dien.

Eendag het ‘n generaal van die Persiese weermag ‘n spioen ter dood veroordeel.
Die generaal het altyd die ter dood veroordeeldes ‘n keuse gegee.
Hulle kon kies tussen die vuurpeleton, of ‘n groot swart toe deur!
Die spioen het die vuurpeleton gekies en hy is tereggestel.

Die generaal se offisiere was baie nuuskierig oor die groot swart deur,
en hulle het op ‘n dag gevra wat agter die deur is?
Die generaal se antwoord:
“Mense verkies altyd die bekende bo die onbekende.
Die meeste mense is bang vir die onbekende.
My groot swart deur bewys dit.
Agter die deur lê vryheid,
en nog net ‘n paar was dapper genoeg,
en het dit gekies!”

Om Jesus te kies is om ‘n dapper keuse te maak!
En die waarheid is dat jy juis in vertroue op God kies!
Vir God is daar nie die onbekende!
Kies Jesus!
Kies Vryheid!

Ernest