In Matteus 21:12 lees ons hoe Jesus die tempel reinig!
“In Jerusalem is Jesus reguit tempel toe.
Op hierdie tempelplein is allerhande offerdiere verkoop.
Die plein was die ene bedrywigheid.
Jesus het die gedoente so gekyk, en toe die spul daar weggejaag.
Tot die tafels en stoele het Hy omgekeer.”
Jesus se kwaadwees is gerig op mense wat dit vir
ander moeilik maak om God te aanbid.
Baie mense het as pelgrims na die tempel gereis.
Maar omdat hulle heidene was,
is hulle nie toegelaat om verder as die voorhof te gaan nie.
Die voorhof van die tempel was vol stalletjies en markbedrywighede!
Dit laat Jesus die tempel reinig.
In ons eie geskiedenis het ons dit ook beleef.
Mohandas Ghandhi was ‘n kerkdiens geweier omdat hy nie-blank was.
Dit het gemaak dat hy as leier Jesus se beginsels uitgeleef het,
maar nooit ‘n Christen geword het nie.
Hoe sou hy nie die wêreld nog meer kon verander,
as hy oortuig kon word van Jesus se onvoorwaardelike liefde as werklikheid nie!?
Sy eie woorde was:
“Van Jesus hou ek baie, maar van sy volgelinge baie minder.”
Jesus reinig juis die tempel sodat sy volgelinge mense na God sal trek,
eerder as wat hulle, deur hulle optrede, dit vir mense moeilik maak om God te aanbid!
Stoot jy mense weg van God af, of trek jy hulle na God toe?
Onthou dat ék nou die tempel van die Heilige Gees is!....sê 1 Kor. 3:16.
Laat Jesus toe om jou te reinig, sodat jy mense na God toe trek!
Ernest