“Julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak
en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader.” Rom. 8:15.

Die woord “Abba” was vir die eerste Christene so oneindig kosbaar,
dat hulle dit nie vertaal het nie!
Dit druk die mees intense liefde tussen vader en kind uit.
God is inderdaad ons Abba Vader, ons Pappa God!
Hierdie Vader stel ons nooit teleur nie.
Hy skryf ons name in ‘n ewige testament.
Hy bemaak aan ons al sy rykdom!
Ons is erfgename van ondenkbare seëninge!
Vergifnes van al ons sonde.
Deel te hê aan Christus.
Die ewige lewe.
Volmaakte lewe in God se teenwoordigheid.

Dit is ons erfenis van ons Pappa God!
Elkeen wat soos ‘n klein kindjie word, in afhanklikheid van Hom.
Met kinderlike geloof en sekerheid.
Met die oortuiging dat Hy die allerbelangrikste is!

Wat ‘n voorreg!
Ons mag die ewige God as Abba Vader aanspreek!
Wat sê dit nie alles van ons nuwe status nie!
Kind van God!
Want, “wat vir die wêreld die onsin van God is,
is groter wysheid as die wysheid van mense,
en wat vir die wêreld die swakheid van God is,
is groter krag as die krag van mense!” 1 Kor. 1:25.

Ernest