Petrus was ‘n man van groot woorde en dade.
Baie van jesus se dissipels het Hom verlaat.
En dan vra Jesus vir die wat nog by Hom is:
“Wil julle nie ook weggaan nie?
En Simon Petrus antwoord:
“Here, na wie toe sal ons gaan?
U het die woorde van die ewige lewe.
En ons het geglo en erken dat U die Christus is,
die Seun van die lewende God.” Joh. 6:67-69.
Dit is ‘n merkwaardige belydenis!

By ‘n ander geleentheid sê Petrus met groot oortuiging:
“Al sal hulle U ook almal in die steek laat,
ék sal U nooit in die steek laat nie.” Matteus 26:33.

Ten spyte van Petrus se oortuigings, woorde, en dade,
kom hy tog op ‘n plek van totale mislukking en alleenheid.
In Johannes 18 ontken hy dat hy Jesus ken!
Hy verraai Hom!
Hy sou hierna sien hoe Jesus gevange geneem word.
Hoe Hy veroordeel en gekruisig word.

Daar is dalk ook sulke oomblikke in jou lewe.
Oomblikke wat jy wens jy kan uitvee en vergeet.
Geleenthede waar jy die Here verraai het, vergeet het.
Jy sal dit nie vanself uit jou onthou kry nie!
Maar daar is goeie nuus vir jou!
Die Here Jesus het opgestaan!
Daarmee kom herstel Hy jou na sy bedoeling met jou!
Jy kan vandag en môre in die oog kyk.

Kyk wat doen Hy met Petrus.
Hy sonder Petrus uit,
omdat Hy weet dat Petrus in die diepste stryd van sy lewe is.
Sy hele hart word deur die Here se vraag aan hom ontbloot:
“Het jy My waarlik lief?”
Jesus het reeds geweet wat Petrus se antwoord sou wees.
Maar Petrus moes dit self erken.
“U weet alles Here, U weet dat ek U liefhet,….”

Jesus kom ook met die vraag na my toe.
Hy wil dit uitwis wat ek nie self kan vergeet nie.
Dit wat ek nie myself voor kan vergewe nie.
Hy wil my herstel na sy bedoeling met my!
Dit is die wonderlike boodskap van die opstanding.
Dit is lewe!

Ernest