Dankbaarheid roep ‘n reaksie op.
Jy bedank die gewer van ‘n gawe.
Jy wys dit of verwoord dit.
Dit is soos ‘n spiraal wat hoër en hoër opklim!
Die gewer word bedank,
en word sodoende self ook ‘n ontvanger!
Die vreugde van gee, en ontvang, en gee, en ontvang….
Soos ‘n vlieër klim dit al hoe hoër op!
Die een wat gee, en die een wat ontvang,
klim na ‘n hoër vlak op.
Die hele proses is eintlik so eenvoudig,
dat ‘n klein kindjie dit kan doen!
Verstaan ons regtig dat dit God is,
wat al hierdie onverdiende gawes op ons laat reën?
Het ons al ontdek hoe afhanklik ons eintlik van Hom is,
en nie eintlik van sy gawes nie!
Ons kan gawe-gerig wees, in plaas van God-gerig!
Ons kan nog sonder sekere gawes klaarkom.
Iemand noem dit bederf-gawes…
Maar ons kan hoegenaamd nie sonder God klaarkom nie!
Hy is die Gewer van alle gawes!
Ons moet ontdek dat alle gawes regtig van Bó kom!
Dan sal ons elke gawe van die lewe met dankbaarheid aan God omhels.
Dan word my lewe ‘n “dankie Here” lewe.
God se hart juig van vreugde wanneer jy jou dankbaarheid bid.
Een van die Christelike belydenisskrifte, die Heidelbergse Kategismes sê:
Gebed is die belangrikste manier waarop ek my dankbaarheid aan God kan bewys.
Dankie Here!
Ernest