In die wêreld van tegnologie kan wrywing ‘n groot kopseer wees.
Die beperk baie keer werkverrigting en doeltreffenheid.
Ingeneurs wat motors ontwerp, spandeer ure aan die beperking van wrywing.
Hulle lê klem op aërodinamika, bande wat glad loop,
en kortslag enjins.
Alles om wrying te beperk.

Jaloesie en naywer is ‘n groot oorsaak van wrywing in verhoudings.
Hoe meer ons dit kan beperk, hoe beter sal verhoudings werk.
In Numeri 12 lees ons hoe jaloesie en naywer wrywing veroorsaak.
Dit belemmer getuienis.
Dit beperk die werk van die Gees in ons lewens.
Miriam het ‘n jaloerse uitbarsting teen Moses.
Dit het die straf van God tot gevolg,
en dit benadeel die Israeliete se vordering.

Die ironie is dat die grootste pyn en nadeel deur die jaloerse self beleef word.
Jaloesie, naywer, of afguns, wat in jou hart skuil,
vreet jou van binne af op en steel jou vrede.

“Afguns eet niks anders nie, as jou eie hart”
Thomas Fuller het gesê:
“Afguns skiet na ander, en word self gewond.”

Sien die wrywing raak wat jou eie afguns, naywer, en jaloesie veroorsaak.
In jou eie lewe, en in die lewe van ander.
Bely dit dadelik, vra vergifnis, en vra God se hulp om jou daarvan te bevry.
Vergewe ook diegene wat jou daardeur verontreg het.

Moenie dat die wrywing van jaloesie jou rem nie,
en jou lewe en vrede steel nie!

Ernest