Paulus skryf in Efesiërs 3:4-6:
“As julle nou verder lees, sal julle ook duidelik agterkom hoe die
verrassende plan van God met Christus werk, en hoe ek dit verstaan.
Deur die loop van die geskiedenis het die mense nie geweet wat God gaan doen nie.
Nou is dit egter nie meer vir ons ‘n geheim nie.
Die Heilige Gees het dit aan al die mense vertel,
wat gekies is om God se woord te verkondig.
Die geheim is dit: enigiemand wat in Christus Jesus glo,
word ‘n kind van God en kry by God wat Hy vir al sy kinders gee.
So ‘n persoon is dan saam met die ander gelowiges die liggaam van Christus.
Hy kry alles wat God in die goeie boodskap aan Christus Jesus se mense beloof het.”
Inderdaad! Die geheim is uit!
Enigiemand wat in Christus Jesus glo, word ‘n kind van God!
En so iemand kry alles wat God beloof aan sy kinders!
In die antieke wêreld het die mense geglo dat jy nie ‘n geheim kan ontrafel nie.
Al hoe jy insig in ‘n geheim kon kry, was wanneer die persoon wat die geheim geken het,
dit bekend gemaak het.
Paulus sê nou dat niemand anders nie as God self,
sy geheim aan hom bekend gemaak het.
Nou is die geheim uit, en ons almal wat reeds kinders van God is,
moet hierdie waarheid verder versprei!
By die kerk sê die bordjies nou:
“Reg van toegang word nie voorbehou nie!”
Christene, soos ons, is mense wat met oop arms ander ontvang,
omdat God se arms in Jesus wawyd oop is!!
Ernest