Die geheim is uit om aangegee te word
Paulus sê die geheimenis van die evangelie,
is aan hom gegee om dit verder aan te gee.
In Efesiërs 3:7 sê hy God het hom aangestel,
om hierdie nuus vir ander te gaan vertel.
Dit is ‘n voorreg, sê hy verder.
Dit is inderdaad ook ‘n voorreg vir elkeen van ons!
God gee ons ook die krag om dit te doen!, sê vers 7.
Ons moet aan alle mense gaan vertel wat Christus vir hulle gedoen het.
Dit is so wonderlik en groot, eintlik onbegryplik groot!
God se redding is vir elkeen bedoel.
Van alle mense ook vir mý!
In vers 9 sê Paulus dat God dit van altyd af wou doen.
Maar mense het dit nie begryp nie.
God wat alles gemaak en beskik het,
gee dit aan ons om dit aan te gee!
Alle mooihede en waarhede wat mense ontdek kom van God af!
Of ons dit besef, of nie, ons kan niks sonder God nie!
Ons moet aan God al die eer gee vir alles wat bereik word!
Die beroemde uitvinder, Samuel Morse,
wat ook die telegraaf uitgevind het,
het op ‘n keer gesê:
“Ek het waardevolle bydraes gemaak,
nie omdat ek beter as ander mense is nie,
maar alleen omdat God,
wat dit aan die mensdom wou gee,
dit aan my bekendgemaak het.”
God het die grootste en waardevolste van alles aan ons bekendgemaak!
Die evangelie van Jesus Christus.
Die geheim is uit,
om aangegee te word na hulle wat dit nog nie weet nie!
Doen dit.
Vandag nog.
En elke dag van jou lewe.
Ernest