Die kinders van God is die kerk.
En Efesiërs 3:10-11 sê dat God wil hê dat die kerk
vir al die onsigbare magte en heersers moet wys hoe wonderlik Hy is!
Hy weet regtig alles, en beplan vir alles!
Van die heel begin af het God geweet dat Hy met die koms van Christus,
ons Here, hierdie plan van Hom aan die werk sou sit.
Die plan om mense met Hom te versoen in Christus!

Wanneer ons gaan aanbid is dit dikwels in ‘n mooi kerkgebou.
Maar dit gaan nie oor die mooi gebou en “heilige ruimte” nie.
God is orals in ons lewens ewe veel teenwoordig.
Die mense moet daar waar hulle aanbid,
‘n ontmoeting met God beleef, en met sy kinders!
Kinders van God moet alle mense aanvaar, en hulle geliefd laat voel.
Wanneer hulle liefde by ons ervaar, sal hulle glo dat God liefde is.

‘n Dogtertjie wat bang was om in die donker te slaap,
is deur haar ma getroos:
“God is by jou, Hy beskerm jou.”
Toe sê die dogtertjie:
“Ek het iemand nodig met ‘n vel om.”

Paulus sê: Wees vir ander mense iets van “God met ‘n vel om”.
Wanneer mense na my lewe kyk,
moet hulle die liefde van God,
en die realiteit van die verlossing in Jesus Christus beleef!

Ernest