Dit gaan nie om jou nie.
Jou lewensdoel is baie groter as jou eie persoonlike vervulling,
of vrede, of geluk.
Dit gaan selfs nie om jou gesin en familie nie.
Dit gaan ook nie oor jou wildste drome en ambisies nie.

As jy wil weet waarom jy geskep is, en bestaan,
moet jy met God begin.
Hy is in elk geval die Een Wie met jou begin het.
Jy is deur sy doel en vir sy doel geskep.
Die doel van die lewe begin nie by jou nie.
Ons wil gewoonlik die doel van die lewe verstaan,
deur selfsugtige vrae soos:
Wat wil ek word?
Wat wil ek met my lewe maak?
Wat is my doelwitte, my ambisies, en my drome?

Kyk net wat sê Kolossense 1:16:
“God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is.
Alles is deur Hom en vir Hom geskep.”
Jy gaan nie jou lewensdoel in jouself vind nie.
Die meeste seminare, boeke en flieks,
wil die mens dit wysmaak dat jou doel in jou lê.
Jy het jouself nie geskep nie.
Hoe kan jy nou jouself vertel waarvoor jy geskep is?
Jy moet met jou Skepper begin.
Jy bestaan net omdat God wil hê jy moet bestaan.

Jy is deur God vir God geskep.
Net in God sal jy jou oorsprong ontdek.
En jou identiteit, betekenis, doel en lewenssin.
Enige ander pad is ‘n doodloopstraat.
Jy is vir God gemaak, en nie andersom nie.
Die lewe gaan daaroor dat God jou vir sy doel gebruik,
en nie dat jy God probeer gebruik vir jou doel nie.

Jy kan met al die selfhelp-boeke groot sukses bereik, wêreldse sukses.
Jy kan meestal jou eie doelwitte bereik as jy alles insit in hierdie lewe.
Maar sukses is nie dieselfde as om jou lewensdoel,
waarvoor jy op aarde is, te vervul nie.
Jy kan in die wêreld se oë ‘n reuse sukses wees,
maar nog steeds die doel mis waarvoor God jou geskep het!

Matteus 16:25 sê:
“….want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor;
maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry.”
Waarmee is jy in jou lewe besig?
Wie is die meeste met jou besig, volgens jou gerigtheid?
Is jy die die meeste met jouself besig,
of laat jy God toe om jou lewe te rig, volgens sy wil vir jou?

Die lewe, en die sin van die lewe, gaan daaroor om te word
wie en wat God jou geskep het om te wees!
Leef daarvoor!

Ernest